AfriForum stig buurtwag in Burnside, Nelspruit

 

AfriForum het op 4 Februarie 2017 ’n buurtwag in die Burnside-omgewing van Nelspruit gestig.
Die buurtwag is gestig om ’n verenigde front te bied teen toenemende gevalle van misdaad in die gebied.
Die buurtwagbestuur is: Devon McCullen (buurtwagvoorsitter), Toit Du Toit (operasionele voorsitter) en Enuanza Farrel (sekretaris). Die bestuur vorm deel van die groter AfriForum-takbestuur in Nelspruit wat deur Christo Peyper, voorsitter van dié tak, gelei word.

“Ek glo dat die stigting van ’n AfriForum-buurtwag ’n keerpunt in die geveg teen misdaad in Nelspruit is. AfriForum-buurtwagte het ’n reputasie vir dissipline en samewerking met die polisie. Die veiligheid van die Burnside-gemeenskap is in goeie hande,” sê Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Die gemeenskap kan by die AfriForum-buurtwag in Burnside aansluit deur “Burnside” te SMS na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings