AfriForum stig Bethal-buurtwag


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 11 Julie 2017 ’n buurtwag in Bethal gestig om, in samewerking met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), misdaad in dié dorp te takel.
Die bestuur bestaan uit: Rian Smith (voorsitter van die tak se veiligheidskomitee), Jaap Pretorius (buurtwagvoorsitter), Wihan Fourie (ondervoorsitter), Madelein Jooste en Debbie Duvenhage (sekretarisse), Marilè Nieuwoudt (koördineerder) en Seis Prinsloo, Wimpie Long, Johnny van Greunen en Dirk Badenhorst (sektorleiers).

“Die buurtwagstruktuur vorm deel van ons tak en het ten doel om, in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstansies, die gemeenskap te dien en by te staan in tye van nood. AfriForum-buurtwagte het ’n streng gedragskode wat lede onderteken om te verseker dat hulle binne die raamwerk van die wet optree,” sê Hillel Coetzer, streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak, want samewerking in ’n gemeenskap is die sleutel tot sukses,” sê Jaap Pretorius, voorsitter van die AfriForum-buurtwag.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings