Header Artwork
AfriForum stel homself beskikbaar as vennoot in die stryd teen COVID-19

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag aangekondig dat dit die inwerkingstelling van praktiese maatreëls ondersteun om die verspreiding van COVID-19 (die koronavirus) te beperk, en homself in dié verband as konstruktiewe rolspeler beskikbaar stel. AfriForum het ’n brief aan dr. Zweli Mkhize, Minister van Gesondheid, gerig om AfriForum se beskikbaarheid in dié opsig aan te dui.

AfriForum beklemtoon in die brief aan Mkhize dat die organisasie tans meer as 235 000 individuele lede het, waarvan die meerderheid hul onderskeie gesinne verteenwoordig.

“Dit is belangrik dat stappe gedoen word om die verspreiding van dié virus te beperk, maar dit is ook belangrik dat daar nie onnodige paniek gesaai word nie en dat mense met geloofwaardige en betroubare inligting bemagtig word. AfriForum kan op beide terreine ’n sinvolle rol speel,” sê Ernst Roets, AfriForum se Hoof van Beleid en Aksie.

AfriForum het ook sy beskikbaarheid aangedui om betrokke te raak by die proses om inligting waarvan die geloofwaardigheid getoets is, onder sy lede te versprei en ’n gesprek met die Departement van Gesondheid versoek.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN