--> -->
Spyskaart +

AfriForum stel fokus in op onvoldoende vullisbeheer

Junie 9, 2014 deur Juran van den Heever

Die burgerregte organisasie, AfriForum het hulle nuwe veldtog “Moenie met ons vullis mors nie!” van stapel gestuur by meer as 100 van AfriForum se takke.
Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, sê daar sal binnekort meer as 100 omgewingsoudits by vullisterreine regoor die land gedoen word om te bepaal wat die huidige stand van sake is.

“Omgewingsoudits sal die nodige inligting en bewyse insamel om vas te stel of plaaslike owerhede aan die minimum vullisbestuurvereistes vir ‘n veilige omgewing en verantwoordelike bestuur voldoen. Sodoende sal daar verseker word dat munisipaliteite nie met ons vullis mors nie,” sé hy.

Lees meer hier: