AfriForum staan buurtwaglid tydens onregmatige arrestasie by


AfriForum het die afgelope paar maande ’n buurtwaglid van Johannesburg wat onregmatig gearresteer is, bygestaan. Sybrant Swart is op 12 Desember 2017 gearresteer en in hegtenis geneem en was vir sewe dae in die Krugersdorp-gevangenis in aanhouding, waarna AfriForum ingetree het en borgtog toegestaan is.
Ná vyf hofverskynings waartydens die saak elke keer uitgestel is oor geen dossier beskikbaar was nie, is die saak op 25 April 2018 weens ’n gebrek aan bewyse van die rol geskrap.

“Die onprofessionele en onbevoegde manier waarop die betrokke amptenare hierdie saak hanteer het, is onaanvaarbaar. AfriForum-buurtwaglede ontvang opleiding om te verseker dat hulle te alle tye binne die raamwerk van die reg optree, en ook om te verstaan dat die buurtwag as die SAPD se oë en ore optree. AfriForum is hier om te bou en nie te breek nie, maar sal intree wanneer die owerhede onregmatig optree,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Noordstreek.

SMS “Onbevoeg” na 45353 (R1) om by jou naaste buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings