AfriForum slaag met hofaansoek teen ongeldige aanstellings deur Nama Khoi Munisipaliteit


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 2 Februarie 2018 ’n suksesvolle aansoek teen die LUR van Plaaslike Regering in die Noord-Kaap en die Nama Khoi Munisipaliteit in die Noord-Kaapse hoë hof gebring. Die aansoek is gebring om die geldigheid van die aanstellings van sekere munisipale amptenare, naamlik Brandon Love, William Bowers en Trevor Beukes te bepaal.
Regter-president Pule Tlaletsi het in sy hofbevel gelas dat die LUR binne 14 dae stappe in plek moet stel om die munisipale raad te verplig om die kwessie van die ongeldige aanstellings op te los.
Die hof het verder gelas dat dié stappe moet insluit dat die LUR ’n aansoek in die hof bring vir ‘n verklarende bevel rondom die ongeldigheid van die aanstellings. Die LUR moet ook binne 14 dae ’n volledige verslag aan sowel die hof as AfriForum voorsien waarin stappe gegee word wat geneem is om aan die hofbevel gehoor te gee.
Inwoners van die Noord-Kaap kan by hul naaste AfriForum-tak betrokke raak: SMS jou naam na 32688 (R1).

Soortgelyke plasings