AfriForum skep hoop by Wollies- en Paws Love-diereskuiling


AfriForum se Meyerspark-tak het op Saterdag 22 Junie 2019 meer as 800 kg honde- en katkos by die Wollies- en Paws Love-diereskuiling afgelaai. Dié tak het ook komberse, matjies en kosbakke geskenk, wat hulle ingesamel het om die twee organisasies te ondersteun.

“Ons doel met dié aksie is om hoop te skep en mense wat diere versorg in hul moeilike taak te ondersteun. Dit is ’n groot werk om na so ’n groot hoeveelheid diere om te sien. AfriForum wil ook graag hul ondersteuning gee deur kos en ander benodigdhede vir diere in te samel om die skuilings se taak te vergemaklik,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

AfriForum moedig ander gemeenskappe aan om betrokke te raak by soortgelyke projekte om ’n positiewe verskil in hul omgewing te maak.
Raak by AfriForum betrokke deur jou naam na 45341 (R1) te SMS en help om ’n positiewe verskil in jou omgewing te maak.

Soortgelyke plasings