AfriForum skep hoop by Wollies-diereprojek


AfriForum het op Donderdag 28 Februarie 2019 bome by die Wollies-diereprojek in Pretoria-Noord geplant. Die burgerregte-organisasie het ook kos en speelgoed vir die diere ingesamel en 200 leibande geborg. Dié projek vorm deel van AfriForum se #AnkerdorpPadskou, wat daarop gemik is om hoop in ons gemeenskappe te skep.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel en leibande te borg om Wollies te help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
“Gemeenskapslede wat deel van die aksie was, het ook met die honde gestap – wat ewe veel pret vir mens en dier was,” voeg Grobbelaar by.

AfriForum wil graag ander gemeenskappe ook aanmoedig om by soortgelyke projekte betrokke te raak om ’n positiewe verskil in hul omgewing te maak en weer hoop onder mens en dier te skep.
Raak by AfriForum betrokke deur die #AnkerdorpPadskou-webtuiste by www.ankerdorp.co.za te besoek.

Soortgelyke plasings