| | |

AfriForum skenk nartjies aan bejaardes

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 1 en 2 Julie 2020 300 kg nartjies aan ouetehuise in George, Mosselbaai en Oudtshoorn geskenk as deel van die organisasie se immuunstelselinisiatief.

Nartjies is aan die Rosemoor-tehuis vir bejaardes in George, die Ons Huis-ouetehuis in Mosselbaai, asook die Gottland Huis-ouetehuis, die Helen Bellinganhof-aftreeoord en die Tuishuis-ouetehuis in Oudtshoorn geskenk.

“Ons wil mense met hierdie inisiatief bewus maak van die voordele wat vitamien C vir die mens se immuunstelsel inhou en het besluit om slegs op bejaardes te fokus,” sê Deon de Jager, AfriForum se hoof van gemeenskapstrukture vir die suidstreek.

AfriForum het met hierdie inisiatief, wat moontlik gemaak is deur ruim skenkings vanuit die Langeberg-distrik, ongeveer 9 000 bejaardes bereik.

Stuur ’n e-pos na deon.dejager@afriforum.co.za om by dié projek betrokke te raak.

Soortgelyke plasings