| | |

AfriForum skenk handreiniger aan tehuise en SAPD in Harrismith

Die AfriForum-tak in Harrismith het op 21 en 22 April 2020 handreiniger aan ouetehuise en die plaaslike SAPD geskenk om die veiligheid van sowel inwoners as personeel tydens die COVID-19-pandemie te probeer verseker. Altesaam 250 botteltjies (88 liter) is geskenk en die SAPD, Hope House en die Eliza Little-tehuis het handreiniger ontvang.

Die COVID-19-krisis het tehuise vir bejaardes en nooddienste onkant gevang en hulle was nie voorbereid op die toename in die gebruik van mediese voorraad nie. Die personeel en inwoners van die instansies wat handreiniger ontvang het, was baie dankbaar vir dié skenking.

“Dit is ’n voorreg dat ons die dorp se bejaardes en nooddienspersoneel, wat vir ons baie belangrik is, in hierdie tyd kan ondersteun. Ons het groot waardering vir sowel die nooddienspersoneel as die personeel wat na die bejaardes omsien – daarom het ons graag die skenking gemaak om ook hulle veiligheid te probeer verseker. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en om ondersteuning en hulp te bied waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Word deel van die verskil en raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1). Saam kan ons meer verrig.

Soortgelyke plasings