AfriForum sit skoonmaakprojek in Phalaborwa voort

 

Die AfriForum-tak in Phalaborwa het die afgelope naweek in samewerking met die plaaslike besigheidskamer en belastingbetalersvereniging nog ’n deel van die burgerregtewaghond se skoonmaakprojek uitgevoer. Dié projek is op 26 Mei 2017 van stapel gestuur en het onder meer ten doel om vullis te verwyder en die dorp netjies te maak.
Die munisipaliteit het die vullis wat die organisasie die afgelope naweek bymekaar gemaak het gister (26 Junie 2017) verwyder.
Volgens Saartjie Matthysen, voorsitter van AfriForum se Phalaborwa-tak, is dié skoonmaakprojek ’n langtermynprojek om Phalaborwa weer in ’n dorp te omskep waarop inwoners trots kan wees.

“Dis net die begin van talle soortgelyke projekte in Phalaborwa. Deur goeie saamwerking kan inwoners help om ’n daadwerklike verskil te maak.”

Die tak hoop ook om in die toekoms nouer met die Ba-Phalaborwa Munisipaliteit saam te werk en het reeds met Harold Zungu, direkteur van gemeenskapsdienste by dié munisipaliteit, vergader om sowel probleme in die dorp as die tak se skoonmaakprojek te bespreek.
 

Soortgelyke plasings