AfriForum se Zambesi-tak dra by tot groener toekoms


AfriForum se Zambesi-tak in Pretoria het die afgelope naweek vyf vaderlandswilge (Combretum erythrophyllum) aan Laerskool Magalieskruin geskenk.
“Bome is ’n erfenis. Dit is ’n belangrike deel van die ekostelsel en is ’n natuurlike hulpbron waarsonder niemand in staat sal wees om te oorleef nie. Bome verskaf suurstof, skaduwee en voedsel. Ons wil die jeug aanmoedig om bome te plant en die omgewing te beskerm. Daarom het AfriForum hierdie bome aan die skool geskenk,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Noord.

“AfriForum se Zambesi-tak wil die gemeenskap bystaan en ons omgewing ’n beter plek vir almal maak. Die tak beoog ook om binnekort ’n buurtwag te stig ten einde die gemeenskap te beveilig,” sê Rikus Oosthuizen, voorsitter van AfriForum se Zambesi-tak.

AfriForum moedig die gemeenskap aan om by dié tak se veldtogte betrokke te raak en deel te word van ’n beter en groener toekoms. Om betrokke te raak, SMS “Groen” na 45341 (R1), óf stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings