|

AfriForum se Worcester- en Rawsonville-buurtwag hou massapatrollie

AfriForum se Rawsonville- en Worcester-buurtwag het op 31 Julie 2020 ’n massapatrollie gehou as deel van ’n veiligheidbewusmakingsveldtog.

Volgens Thomas van Dalen, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek, het sowat 120 voertuie aan die patrollie deelgeneem.

“Die doel van die patrollie was verhoogde sigbaarheid in en om in Rawsonville nadat ’n ongekende vlaag misdaad ná die afgradering van vlak 5 na vlak 4 in die omgewing voorgekom het,” sê Nico Harmse, voorsitter van die Rawsonville-buurtwag.

Hannes Dippenaar, voorsitter van AfriForum se Worcester-tak, sê veiligheidsrolspelers, wat insluit die SAPD, Private Care-ambulansdienste, Capital Security, AC Security, en die Rawsonville-, Slanghoek- en Overhex-plaaswag het aan die patrollie deelgeneem.

“AfriForum moedig die gemeenskap aan om binne die raamwerk van die wet self verantwoordelikheid vir hulle veiligheid te neem, aangesien dit duidelik is dat dit nie vir die staat ’n prioriteit is nie,” sluit Van Dalen af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Veiligheid” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings