--> -->
Spyskaart +

AfriForum se Worcester-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

Maart 15, 2019 deur Hesti Steenkamp

AfriForum se Worcester-buurtwag, wat deel vorm van dié burgerregte-organisasie se Worcester-tak, het op 5 Maart 2019 opleiding ontvang in regsaspekte wat van toepassing is op patrollies. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidstreekshoof vir die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, het hierdie opleiding gratis aangebied en bykans 40 lede van die gemeenskap het dit bygewoon.

“Dit is belangrik dat buurt- en plaaswaglede weet wat hulle volgens wet mag en nie mag doen nie sodat hulle altyd binne die raamwerk van die wet optree. Ons moedig gemeenskappe aan om proaktief te wees en om by veiligheidstrukture soos AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak,” sê Hannes Dippenaar, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Worcester-tak.

Volgens Van Zyl fokus AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling vanjaar sterk op opleiding. “Dit is vir ons belangrik dat inwoners met die nodige kennis toegerus word om hul in staat te stel om hul gemeenskappe met die hulp van AfriForum te beveilig,” sê Van Zyl.

SMS “Veiligheid” na 45351 (R1) om by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke te raak.