|

AfriForum se Worcester-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel

AfriForum se Worcester-buurtwag, in samewerking met die SAPD, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies het op Vrydag 4 Oktober 2019 aan ’n nasionale patrollie deelgeneem om sigbaarheid in die dorp te verbeter.

Die patrollie het van 18:00 tot 01:00 geduur. Altesaam 50 patrolleerders (wat personeel van die sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitsluit) het nagenoeg 1 300 km met 25 voertuie afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Die Oos-Randse buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies organiseer om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en om veiligheid te bevorder,” sê Hannes Dippenaar, voorsitter van AfriForum se Worcester-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke en help om jou dorp veilig te maak: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings