AfriForum se Worcester-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwag in Worcester het in samewerking met ander rolspelers op 17 en 18 Mei 2019 dié dorp en omliggende gebiede veilig gehou as deel van die nasionale patrollie wat die burgerregte-organisasie van stapel gestuur het. Dié rolspelers sluit die privaat sekuriteitsmaatskappye AC Security, Capital Security en LTS Security in, asook die privaat nooddiens ER24.

Altesaam 50 patrolleerders het tydens dié patrollie ongeveer 1 156 km in 23 voertuie afgelê.

“Ons bedank elke patrollielid, alle rolspelers en elke ander persoon wat hul tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak en misdaad in die omgewing te bekamp,” sê Hannes Dippenaar, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Worcester-tak.
“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om by veiligheidstrukture soos plaaslike buurtwagte in hul omgewing betrokke te raak. Hoe meer mense betrokke raak, hoe beter kan ons misdaad bekamp en hoe veiliger kan ons in ons onderskeie dorpe leef,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak by AfriForum se buurtwagte betrokke en help om jóú gemeenskap te beveilig: SMS “Veilig” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings