| | |

AfriForum se Wolmaransstad-tak en Helpende Hand dra by tot voedselverspreiding

Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand voedselpakke aan kerke in dié dorp se voedselverspreidingsprogram geskenk. Dit het bestaan uit ses groot pakke met ’n verskeidenheid kos en grootmaat mieliemeel, stampmielies, koekmeel en rys. Die kerke sal hierdie skenking nou in kleiner pakkies verdeel sodat meer mense kos kan kry.

Die kerke help ongeveer 150 mense in Witpoort en Wolmaransstad met kospakkies in hierdie moeilike tyd. Talle mense het tydens die staat van inperking nie ’n inkomste nie omdat hulle nie mag werk nie, terwyl ander weer hul werk verloor het.

“Te midde van die hartseer oor mense wat gebrek ly in hierdie tyd, maak dit ’n mens se hart warm dat daar soveel mense is wat omgee en versorg. ’n Groot dank aan die kerke wat hulle roeping uitleef en die mense bystaan,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Skakel Christo Smit, takvoorsitter, by 083 627 8112 om deel te word van hierdie projek.

Soortgelyke plasings