|

AfriForum se Winburg-buurtwag help om veldbrande te blus

AfriForum se Winburg-buurtwag het op 13 September 2019 gehelp om veldbrande in die gebied te bestry en te blus.

’n Voertuig het Saterdagoggend omgeslaan nadat die bestuurder beheer daaroor verloor het. Die veld naby die Wildlife Sanctuary in Winburg het tydens dié ongeluk aan die brand geslaan. Trevor Kalp, voorsitter van AfriForum se Winburg-buurtwag, is oor die brand in kennis gestel en hy het dadelik die ander buurtwaglede en boere in die omgewing ontbied om te help.

“Te danke aan die buurtwag en boere in die omgewing se hulp, kon ons die brand baie vinnig onder beheer kry en sodoende groot skade voorkom,” sê Kalp.

“Ons is bly om te sien hoe die gemeenskap, polisie, boere en buurtwag saamspan om insidente soos hierdie op te los. Dit bewys weer eens wat ons kan regkry as almal saamwerk. Dit is vir AfriForum belangrik om gemeenskappe te ondersteun,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Help jóú gemeenskap en raak by AfriForum betrokke: SMS “Winburg” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings