| | |

AfriForum se Williston-tak skenk kos en handreiniger

Die AfriForum-tak in Williston het van 7–11 September voedselpakke aan die gemeenskap geskenk. Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ongeveer 20 gesinne van ’n maand se kosvoorraad voorsien om die nood in die gemeenskap te verlig. Die voedselpakke bevat niebederfbare kos en het altesaam 450 kg geweeg.

Die tak het ook handreiniger aan die laerskool en sakeondernemings in die dorp geskenk.

“Ons is dankbaar dat ons die gemeenskap op hierdie manier kan ondersteun. Die gemeenskap kry nie net swaar weens die pandemie nie, maar ook weens die teisterende droogte. AfriForum sal aanhou om, waar ons kan, gemeenskappe in nood te help en te ondersteun,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS “Williston” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings