AfriForum se Westornaria-tak herstel waterpype


AfriForum se Westonaria-tak het op Saterdag 19 Januarie 2019 self hand aan die ploeg geslaan om ’n waterpyp in die dorp te herstel. Weens ’n tekort aan materiaal en munisipale werkers wat onder die invloed van alkohol was, kon die plaaslike munisipaliteit nie die pype herstel nie.

“Die pype was só erg verrot en vol gate dat ons ’n ketelmaker moes gebruik om die pype te seel. Die tak gaan die koste van die ketelmaker dra en ook die inwoner vergoed wat kragtoevoer vir die masjinerie van sy huis af beskikbaar gestel het. Die herstelwerk het meer as sewe en ’n half uur geduur,” sê Esther Swart, AfriForum se Westonaria-takvoorsitter.

Die waterlek is reeds op Saterdagoggend om 07:00 aangemeld, waarna ’n munisipale werker beraam het dat die gemeenskap die hele naweek sonder water sou moes klaarkom. Aangesien die munisipaliteit teen laatmiddag nog nie op die probleem gereageer het nie, het AfriForum besluit om die herstelwerk self te laat doen.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Westonaria” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings