AfriForum se Westonaria-tak vat munisipaliteit aan oor waterprobleme


AfriForum se Westonaria-tak het verskeie klagtes van lede ontvang oor ’n watertekort in Venterspos. Hierdie probleem word eenvoudig deur die Wes-Rand Distriksmunisipaliteit geïgnoreer. Dít het die plaaslike tak genoop om ’n formele skriftelike klagte op 11 Julie 2017 by die munisipaliteit aanhangig te maak.
AfriForum het verneem dat die water afgesny is omdat die munisipaliteit nie sy waterrekening betaal het nie.

“Hierdie is reeds die tweede keer vanjaar dat die water in Venterspos vir meer as sewe dae afgesny is. Dit is onaanvaarbaar en bly ’n aanhoudende probleem wat bloot nie deur die munisipaliteit as prioriteit geag word nie. Toegang tot water is ’n grondwetlike reg en AfriForum sal alle pogings aanwend om die inwoners van Venterspos by te staan om watertoevoer na die dorp te verseker,” sê Esther Swart, AfriForum se plaaslikeregeringsbestuurslid vir die Westonaria-tak.

Gee AfriForum se Westonaria-tak die mandaat om die Wes-Rand Distriksmunisipaliteit aan te vat: SMS “Westonaria” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings