AfriForum se Westonaria-tak plaas druk dat rioollekkasie herstel word


Die druk wat AfriForum se Westonaria-tak op die Westonaria Plaaslike Munisipaliteit geplaas het om ’n enorme rioollekkasie te herstel, het vrugte afgewerp.

“Die herstelproses is vir lank uitgestel as gevolg van onvoldoende fondse en munisipale toerusting wat nie in werkende toestand is nie. Ná volgehoue druk van die tak af het die munisipaliteit egter die rioollekkasie agter die Isuzu-motorhandelaar herstel,” sê Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Westonaria” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings