AfriForum se Westonaria-tak maak pad na Westonaria-begraafplaas skoon


AfriForum se Westonaria-tak het op Saterdag, 9 Junie 2018, die pad na die plaaslike begraafplaas skoongemaak en verskeie vragte rommel verwyder wat oor en langs die pad gestrooi was en na die plaaslike vullisterrein geneem.

“Die tak het besluit om hierdie projek aan te pak ná verskeie oproepe en klagtes wat aan die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit in Randfontein gerig is oor die toestand van die pad na die begraafplaas. Daar was selfs al gevalle waar begrafnisstoete moes stop om rommel uit die pad te verwyder om by die begraafplaas uit te kom,” sê Esther Swart, AfriForum se Westonaria-takvoorsitter.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Westonaria” na 45342 (R1).
 

Soortgelyke plasings