AfriForum se Westonaria-tak help om bejaardes te beveilig


AfriForum se Westonaria-tak het op 26 Februarie ’n Takex-veiligheidstoestel by die Milestone Tehuis vir Bejaardes geïnstalleer. Dié stelsel aktiveer ’n alarm sodra iemand oor die muur klim om op dié wyse onwettige toegang tot die tehuis te kry. ’n Reaksie-eenheid word dan uitgestuur wanneer die alarm geaktiveer word. 
Probleme word reeds ’n geruime tyd ondervind met oortreders wat oor die muur klim en die bejaarde inwoners aanrand of besteel.

“AfriForum se Westonaria-tak het onderneem om die koste te betaal vir wanneer die reaksie-eenheid in antwoord op die alarm na die tehuis uitgeroep moet word. Daar is met die reaksie-eenheid ooreengekom om die tehuis se gronde twee keer gedurende die nag te patrolleer,” sê Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Westonaria” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings