AfriForum se Wes-Randse buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se Vanderbijlpark-, Roodepoort- en Randfontein-buurtwagte het op 8 Maart vanjaar in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheids instansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer. Dié patrollie, wat deel is van AfriForum se nasionale patrollie, is daarop gemik om polisiëringsigbaarheid op te skerp.

Die patrollie het omstreeks 19:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. 96 patrolleerders het altesaam 2 510 km in 428 manure en met 89 voertuie afgelê. Sewe gebeurlikhede is aangemeld en hulp verleen.

“Die Wes-Randse buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke om jóú omgewing te beveilig. SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings