AfriForum se Wes-Moot-buurtwag trek gewapende rower vas


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Wes-Moot-buurtwag het in samewerking met die Hercules-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ’n verdagte op 9 November 2017 vir gewapende roof in die Daspoort-gebied  (h.v. Jennings- en Ferdinandstraat) aangekeer en aan die polisie oorhandig.
Die verdagte het na afloop van sy arrestasie die geld aan die slagoffer teruggegee.

“Misdaadwenke en inligting is van kritieke belang om misdaad te help bekamp. Dit maak my trots om deel te vorm van ’n buurtwag wat die gemeenskap altyd behulpsaam is,” sê Johan Liebenberg, voorsitter van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag.
“Dit is belangrik dat mense en strukture binne ’n gemeenskap saamwerk en bewus is van wat in hul omgewing aan die gang is. Só kan misdaad daadwerklik beveg word,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Die burgerregtewaghond doen ’n beroep op die onderskeie gemeenskappe in die Tshwane-metro om by hul plaaslike AfriForum-takke betrokke te raak en aktief deel te neem aan die aktiwiteite van die buurtwagte. Vir meer inligting hieroor, stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings