| | |

AfriForum se Welkom-tak versprei ’n verdere 5,5 ton voedsel

Die AfriForum-tak in Welkom het op 27 en 28 Mei 2020 nóg ’n voedselskenking van 5,5 ton aan gemeenskappe in nood versprei. Verskeie boere van die omgewing het die skenking, wat mieliemeel, spinasie, aartappels en koolkoppe insluit, moontlik gemaak.

Die voedselskenkings is na verskeie gemeenskapsprojekte versprei wat voedsel aan behoeftige gesinne in Welkom en omliggende dorpe voorsien. Die omliggende dorpe is Hennenman, Allanridge, Wesselsbron, Odendaalsrus, Ventersburg en Virginia.

“Ons probeer om soveel moontlik gesinne in hierdie tyd by te staan. Ons het groot dankbaarheid vir boere wat hulle harte oopmaak om mense in hierdie tydperk te help,” sê Johan Terblanché, voorsitter van AfriForum se Welkom-tak.

“Ons is baie dankbaar vir al die skenkings wat tot dusver ontvang is en vir die harde werk wat ons takstrukture in hierdie tyd verrig. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe in nood te help en te ondersteun waar ons kan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Welkom-tak het reeds altesaam 9 ton voedsel danksy skenkings versprei en beplan om gemeenskappe in nood verder by te staan. Mense wat kos aan die Welkom-tak wil skenk, kan Terblanché by 082 954 3160 skakel.

Die takbestuur nooi die gemeenskap uit om by die tak betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Welkom” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings