|

AfriForum se Welkom-tak stig lugsteunvleuel

AfriForum se Welkom-tak het op 10 Augustus 2019 die tak se eie lugsteunvleuel by die Welkom-lughawe gestig nadat dié tak vroeër vanjaar ’n hommeltuig aangekoop het om misdaad in die omgewing te bekamp.

André Coetzee, AfriForum se streekveiligheidskoördineerder, het die verrigtinge met ’n aanbieding gelei en meer inligting oor die wetlike aspekte van die vlieg van hommeltuie verskaf. Heelwat aanhangers van vliegtuie en hommeltuie het die stigting bygewoon en ’n brandblusdemonstrasie is ook aangebied.

“’n Groot groep gemeenskapslede het die stigting bygewoon en dit was lekker om die belangstelling te sien. AfriForum doen alles in sy vermoë om gemeenskappe se veiligheid te verbeter en misdaad te beveg.

“’n Gemeenskap wat saam staan teen misdaad en hande vat, is tot baie in staat,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Welkom-tak nooi die gemeenskap uit om by die organisasie se toekomstige projekte en aksies betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Welkom” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings