| |

AfriForum se Welkom-tak plaas Matjhabeng-munisipaliteit op terme 

AfriForum se Welkom-tak het op 15 Augustus 2019 die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit op terme geplaas oor rou riool wat tot in die agterplase van verskillende residensiële areas in die Doorn-uitbreiding vloei.

Die gemeenskap en ander rolspelers het AfriForum genader om druk op die munisipaliteit uit te oefen om te verseker dat dié probleem opgelos word.

AfriForum doen ’n dringende beroep op die munisipaliteit om die rioolprobleme reg te stel, asook om ’n plan voor te lê oor hoe hierdie probleem in die toekoms die hoof gebied gaan word om te verhoed dat dieselfde weer gebeur.

“Dit is skokkend om te sien hoe hierdie rou riool in inwoners se erwe opdam. Ons sal aanhou om druk op die munisipaliteit te plaas om te verseker dat die probleem opgelos word en dat daar antwoorde daaroor verskaf word,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Die munisipaliteit is ’n week gegun om hul aksieplan aan AfriForum voor te lê. Die Welkom-tak sal die situasie deurgaans moniteer.

AfriForum se Welkom-tak nooi die gemeenskap uit om by die organisasie se toekomstige projekte en aksies betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Welkom” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings