AfriForum se Waverley-tak loods selfdoenaksie


AfriForum se Waverley-tak, ’n paar lede van AfriForum Jeug en die nuwe buurtwag het op Saterdag 6 April 2019 bymekaargekom om dele van die spruit in dié gebied skoon te maak en takke te sny en verwyder. Dié aksie is geloods oor sluipslapers langs die spruit wegkruip. Tydens patrollies belemmer die lang gras ook sigbaarheid om die spruit.

“Ons beplan nog vele deurlopende aksies in die Waverley-omgewing en lede van die gemeenskap word aangemoedig om AfriForum van soortgelyke probleme in kennis te stel,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Die tak wil op Saterdag 27 April 2019 ’n verdere selfdoenaksie in dieselfde gebied hou om dit heeltemal skoon te maak en te ontbos, sodat daar tydens patrollies geen obstruksie is nie. Die skoonmaakspan sal op die hoek van 30ste- en Cunninghamlaan bymekaarkom.

“Die Waverley-tak wil dié aksies as ’n bewusmakingsveldtog benut, wat selfdoen in ons gebied aanspoor. Hierdie aksie is ’n toonbeeld van AfriForum se vrywillige werk en betrokkenheid om die gemeenskap in stand te hou,” sluit De Klerk af.

De Klerk moedig mense aan om by AfriForum betrokke te raak en hom te kontak om by die Waverley-tak in te skakel.

Soortgelyke plasings