AfriForum se Vryheid-tak kry radionetwerk


Die AfriForum-tak in Vryheid het onlangs herhalers opgerig om ’n radionetwerk aan sy lede op sowel plase as in die dorp beskikbaar te stel. Dít sluit ’n hoëbandstelsel vir dorpsbewoners en patrolleerders in, asook ’n midbandstelsel vir die landbougemeenskap.

“Ons moedig die gemeenskap van Vryheid aan om by AfriForum se tak en veiligheidstrukture in die dorp aan te sluit om ’n veilige toekoms te help skep,” sê Gavin Minott, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Vryheid-tak.
“Doeltreffende radionetwerke is van kardinale belang om veiligheid in gemeenskappe en op plase te verbeter. Dit help dat veiligheidsinstansies vinnig kan reageer in geval van nood,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

Diegene wat daarin belangstel om op dié radiofrekwensie in te skakel, kan Jeremy Labuschagne, kommunikasiehoof van AfriForum se Vryheid-tak, by 083 368 0476 kontak.
Die AfriForum-tak in Vryheid het ook ’n noodnommer (081 462 3221) en die gemeenskap word aangemoedig om dié nommer te stoor.
Ondersteun AfriForum en beveilig sodoende jou gemeenskap: SMS jou naam na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings