|

AfriForum se Vryburg-buurtwag beveilig begraafplaas vir besoekers

AfriForum se Vryburg-buurtwag het op 1 Maart 2020 die Vryburg- munisipale begraafplaas beveilig sodat inwoners hul geliefdes se grafte kon besoek.

Die swak toestand van dié begraafplaas skep ’n veiligheidsrisiko wat mense ontmoedig om daarheen te gaan. Die Vryburg-buurtwag het daarom besluit om elke Sondag tussen 16:00  en 17:00 dié begraafplaas te patrolleer sodat inwoners veilig voel wanneer hul die grafte besoek.

“Ons is so dankbaar dat AfriForum se Vryburg-buurtwag ons die geleentheid gegun het om by ons geliefdes se grafte te vertoef. Dit is wonderlik om ná twee jaar ’n blommetjie te kon neersit. Ons waardeer die tyd wat jul opoffer ongelooflik baie,” sê Elsa Viljoen, ’n inwoner van Vryburg.

 

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. AfriForum se buurtwagte sal dus voortgaan om klem te lê op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Vryburg-buurtwag beveilig nie net op Sondaemiddae die begraafplaas vir besoekers nie, maar ry ook elke aand patrollie om misdaad in die omgewing te bekamp en inwoners veilig te hou.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings