AfriForum se Vredendal- en Malmesbury-takke woon werkswinkel oor munisipale eiendomswaardasies by


AfriForum se Vredendal- en Malmesbury-takke het saam op 9 April 2019 ’n werkswinkel oor munisipale eiendomswaardasies in Bellville bygewoon. Dié werkswinkel is deur Frik Mulder, ’n onafhanklike konsultant en kundige in plaaslikeregeringsake, aangebied.

Mulder het tydens hierdie werkswinkel meer agtergrond gegee oor die proses wat waardeerders gebruik om die munisipale waardasies van eiendomme aan te pas. Hy het die takbesture ook opgelei om beswarende kommentaar daarop te formuleer en te verfyn.
Dit volg nadat die Kaapstad-metro se waardeerders sekere eiendomme in die Rondeberg- en Klein Dassenberg-gebied (’n gebied wat hoofsaaklik uit kleinhoewes bestaan) se klassifikasie vanaf landbou na residensieel verander het en/of eiendomme se munisipale waardasies met belaglike persentasies verhoog het. Een van die eiendomme se munisipale waarde is vanaf R1,9 miljoen na R6 miljoen verhoog.

“AfriForum bied hierdie soort opleiding aan sodat ons takke in staat is om die munisipaliteite se waardasieprosesse beter te verstaan en hulle in staat te stel om sinvolle besware teen hierdie soort arbitrêre gedrag van munisipaliteite in te dien,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Eiendomseienaars wat beswaar teen die munisipaliteit se waardasies wil indien, kan dit voor of op 30 April 2019 op een van die volgende maniere doen:

Geleentheid om beswaar in persoon aan te teken het reeds op 30 Maart 2019 gesluit.

Soortgelyke plasings