|

AfriForum se Vereeniging-tak help met opknappingsaksiesko

Die AfriForum-tak in Vereeniging het op 21 Maart 2020 kragte met die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) en die Dogs of War-motorfietsklub saamgespan om die begraafplaas by dié dorp se konsentrasiekamp op te knap.

“Dit is ’n groot voorreg om saam met ander rolspelers in die gemeenskap projekte soos hierdie aan te pak en ons wil graag die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak om ons eie omgewing te verbeter,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

AfriForum se Vereeniging-tak en bogenoemde organisasies wil soortgelyke projekte in die toekoms van stapel stuur en daardeur verseker dat ’n kultuur van volhoubaarheid in die gemeenskap geskep word.

“Die beste manier om sukses te bereik met soortgelyke projekte is om soveel moontlik rolspelers en lede van die publiek aan boord te kry,” sluit Ungerer af.

Raak vandag nog by AfriForum se Vereeniging-tak betrokke: Stuur ’n e-pos na dewet.ungerer@afriforum.co.za, besoek dié tak se Facebook-blad of SMS “Vereeniging” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings