AfriForum se veiligheidstrukure in Hessekwa kry opleiding


AfriForum se Goukou-plaaswag en die Aalwynfleur-buurtwag in Riversdal het oor die naweek van 16 Februarie 2019 opleiding in onder meer selfverdediging en huis-en-haardbeskerming ontvang. Dié opleiding is deur Tiger Kai Krav Maga van Mosselbaai aangebied en 30 persone het dit bygewoon.

“Die gemeenskap besef die noodsaaklikheid om hul weerbaarheid te verskerp. Opleiding soos hierdie bemagtig ons om die SAPD te ondersteun en misdaad in ons gemeenskap hok te slaan,” sê Johan Crous, veiligheidskomiteevoorsitter van AfriForum se Hessekwa-tak.

SMS die woord “Veilig” na 45353 (R1) om by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak.

Soortgelyke plasings