|

AfriForum se Vanderbijlpark-tak bied selfverdedigingklasse aan

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het op 7 September 2019 ’n selfverdedigingkursus vir vroue aangebied onder leiding van Fortis Pro Active Defence Solutions.

Tydens dié opleiding het die vroue geleer om basiese selfverdedigingstegnieke te gebruik. Van die tegnieke wat behandel is sluit weerstand teen aanvalle sonder ’n wapen in, asook meshantering. Die vroue het almal beaam dat die opleiding hulle met waardevolle vaardighede toerus om hulself te beskerm.

“AfriForum glo daarin om ons mense te bemagtig. Daarom sal die tak hierdie tipe opleiding graag ’n gereelde instelling wil maak. Almal in die gemeenskap – van oud tot jonk – is welkom om daaraan deel te neem,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com of ’n SMS na 072 908 1345.

Soortgelyke plasings