AfriForum se Upington-tak staan Knysna-slagoffers by


Die AfriForum-tak in Upington het op 8 Junie 2017 ’n insamelingsprojek vir die inwoners van Knysna van stapel gestuur.
Die takbestuur het besluit om dié projek te loods deur taklede vir donasies te vra. Binne enkele ure het die skenkings begin instroom. JD Jacobs, eienaar van Gas City, het ook noodhulpvoorraad wat hy reeds op eie stoom ingesamel het, aan die tak oorhandig.

“Dit is wonderlik om te sien hoe ons as gemeenskap kan saamstaan en ander kan bystaan in tye van nood,” sê David Marais, ondervoorsitter van AfriForum se Upington-tak.

AfriForum versoek inwoners van Upington om hul plaaslike tak te ondersteun: SMS jou naam na 32532 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings