AfriForum se Upington-tak open buurtwagbeheerkamer


AfriForum se Upington-tak het op 20 November 2017 die buurtwag se beheerkamer amptelik geopen. Die beheerkamer word van hul perseel in samewerking met AC Sekuriteit bedryf en word 24 uur per dag beman. Die buurtwag se radionetwerk is ook nou in werking.
Volgens Steven van Tonder, voorsitter van die Upington-buurtwag, is dit belangrik dat die buurtwag in dié dorp sigbaar is om misdaad te voorkom en moontlike kriminele uit die gebied te verdryf.

“Met hierdie beheerkamer gaan die buurtwag dit nóg moeiliker vir misdadigers maak om hul planne uit te voer. Ons moet verantwoordelikheid neem vir ons eie veiligheid en as ’n gemeenskap saamstaan om dít te verseker. Ons nooi almal uit om by die buurtwag in te skakel en só die gemeenskap se veiligheid te verbeter.”

SMS die woord “Buurtwag” (R1) na 32532 om by dié buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings