| | |

AfriForum se Upington-tak ontsmet kleuter- en naskole

Die AfriForum-tak in Upington het van 29 Junie tot 3 Julie 2020 inisiatief geneem om kleuterskole te help om gereed te wees om volgens die COVID-19-regulasies te heropen deur 21 kleuter- en naskole te ontsmet.

Die skole se klaskamers, speelareas, badkamers, speelterrein en klimrame is met ’n bioafbreekbare middel ontsmet. Van die skole wat ontsmet is sluit in Kaalvoet Kleuters, Ladies en Laaities, Kattermaai Nasorg-en-studiesentrum, Liewe Heksie Kleuterskool, Bakvissies, Golden Rewards, Klitsie Kampus, Fruit Bear Buddies, Sandtrappertjie en Vineyard Kids.

“Ons is bly dat die skole weer kan open en dat ons kan help met die voorbereiding daarvan. Dit verlig die las op skole wat reeds onder hewige druk verkeer,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Raak vandag nog by AfriForum se Upington-tak betrokke – jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Upington” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings