AfriForum se Uitsig-buurtwag trek misdadiger vas


’n Lid van AfriForum se Uitsig-tak het die plaaslike buurtwag op 15 Februarie 2019 in kennis gestel van ’n verdagte wat oor die muur tussen dié lid en sy buurman se huise gespring het. Die verdagte is met ’n blou trapfiets en twee visstokke in sy besit gesien.

Die AfriForum-buurtwagpatrolliespan het na die toneel gehaas en die verdagte ongeveer 2 km verder gewaar. Die buurtwag kon die verdagte suksesvol aankeer en het die polisie dadelik ontbied. Die verdagte is op aanklag van onwettige betreding van eiendom en die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem.

“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te prioritiseer. Ons kan nie alleenlik op die regering staat maak om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstelling in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sê Joseph Renaud, AfriForum se distrikskoördineerder vir Rosestad.

SMS “Buurtwag” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings