AfriForum se Tzaneen-buurtwag ondergaan opleiding


Lede van die AfriForum-buurtwag in Tzaneen het pas die eerste fase van hul formele opleiding voltooi. Dié opleiding behels die organisering en uitvoering van doeltreffende patrollies, toneelhantering, voorvalbeheer, asook ’n uiteensetting van die wetlike aspekte waarmee buurtwaglede dikwels gekonfronteer word.

“Dit is nie net buurtwaglede wat by dié opleiding baat nie, maar ook die breër gemeenskap. Buurtwagte is daar om te help om die gemeenskap in samewerking met die plaaslike polisie te beskerm en te beveilig, en om dít te kan doen moet elke lid oor die nodige kennis beskik,” sê Louis Naude, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Tzaneen-tak.

Skakel vandag nog by dié buurtwag in: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings