AfriForum se Thabazimbi-tak reorganiseer

AfriForum se Thabazimbi-tak het op 20 November 2019 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens die tak se bestuur ook gereorganiseer is. Lede van die gemeenskap kon hul insette lewer oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig.

Die volgende persone is tot die bestuur verkies: Pieter Lamprecht (voorsitter), Jan Vermaak (ondervoorsitter), Stefan Myburg (tesourier) en Wouter Maree (sekretaris).

David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir Limpopo, bedank die gemeenskap vir hulle insette tydens die reorganisering, sowel as die bestuurslede vir hulle bereidwilligheid.

“Die gevoel oor die nuutverkose bestuur is baie positief en ek glo dat die tak oor die nodige leierskap beskik om na die gemeenskap se belange om te sien,” sê Rule.

SMS “Thabazimbi” na 45351 (R1) om by AfriForum aan te sluit.

Soortgelyke plasings