| |

AfriForum se Thabazimbi-plaaswagte ontvang protospanopleiding

Die AfriForum-plaaswagte in Thabazimbi se protospan het op 10 Oktober 2019 taktiese opleiding by Matla Mamba Safaris ontvang. Die opleiding het onder meer vaardighede in fisiese geveg, vlak 1-noodhulpopleiding, regs-en-risiko-opleiding, asook toneelbewaring ingesluit.

Die doel van dié opleiding was om die protospan met die nodige kennis toe te rus wat hulle in staat sal stel om aspekte rondom patrollies te verbeter, asook om te verseker dat die lede weet hoe om binne die raamwerk van die wet op te tree. Die opleiding is ook belangrik om te verseker dat die lede weet hoe om hulself te beskerm.

“Die opleiding was baie leersaam. Dit is vir ons belangrik om seker te maak dat ons buurt- en plaaswagte met opleiding bemagtig word sodat hulle veiligheid in hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan bevorder. Samewerking tussen alle veiligheidsinstansies maak misdaadbekamping suksesvol en plaaslike strukture speel ook ’n groot rol daarin,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings