|

AfriForum se Teks-tak vervang ouetehuis se geiser

AfriForum se Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)-tak het onlangs die Avondrus-ouetehuis in Eendracht se geiser vervang nadat inwoners die tak om hulp genader het. Dít volg nadat die plaaslike munisipaliteit nie die tehuis se geiser vervang het nie en inwoners vir meer as drie jaar in koue water moes bad of stort.

“Dit is baie sleg om te hoor en te sien dat mense swaarkry omdat die munisipaliteit nie hul werk doen nie. Dit was egter baie lekker om te hoor dat die inwoners glimlagte op hul gesigte het omdat hulle vir die eerste keer in drie jaar weer warm water het,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

“Dit is verblydend om die bejaarde inwoners se dankbaarheid op te merk. Ons lede se bydraes en betrokkenheid stel ons in staat om deurlopend projekte soos hierdie tot voordeel van die gemeenskap aan te pak,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak by AfriForum se Teks-tak betrokke en word deel van die verskil: SMS “Teks” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings