AfriForum se Swartruggens-tak loods skoonmaakprojek


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Swartruggens-tak het vandag in samewerking met die Swartruggens Gekombineerde Skool dié dorp skoongemaak. Die huidige toestand van die dorp is te wyte aan ontoereikende onderhoud en swak dienslewering deur die Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit.

“Ons het vullisdromme in die dorp gemonteer wat hopelik sal help met die skoonhou van Swartruggens. Ons gaan gereeld die dorp skoonmaak sodat dit weer ’n mooi plek kan wees,” sê Elma Uys, ondervoorsitter van die AfriForum-tak in Swartruggens.
“Ons betaal vir dienste wat ons nie ontvang nie. Om aanhoudend met die munisipaliteit te argumenteer, bring geen uitkoms nie en daarom voel AfriForum sterk oor selfdoenaksies,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes.
“AfriForum se Swartruggens-tak wil tot ’n beter, skoner en veiliger gemeenskap bydra en ons vra dat inwoners by ons plaaslike tak betrokke raak,” sluit Uys af.

Sluit vandag nog by Swartruggens se AfriForum-tak aan: SMS “Skoon” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings