AfriForum se suidstreek-buurtwagte hou massapatrollie


AfriForum se suidstreek-buurtwagte het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 17 en 18 Mei 2019 in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.

Altesaam 580 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en meer as 15 700 km is in ongeveer 300 voertuie afgelê.

“AfriForum-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies uitvoer om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke. Jy kan help om jóú omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings