AfriForum se Stilfontein-tak maak strate skoon


Die AfriForum-tak en buurtwag in Stilfontein het in samewerking met inwoners twee skoonmaakaksies op 8 en 10 en Februarie 2019 in dié dorp geloods.

Die tak het die gras gesny en parke, sypaadjies en verkeersirkels in onder meer Kowie-, Keurboom-, Reitz- en Stilfonteinstraat opgeruim. Talle sakke rommel, gras en ander tuinvullis is ná afloop van die aksie weggery. Die Stilfontein-tak het besluit om die omgewing self skoon te maak omdat die munisipaliteit al vir ’n geruime tyd versuim om dit te doen.

“Die AfriForum-tak en -buurtwag in Stilfontein is trots op die gemeenskap. Hul toewyding word weer eens bewys deur die aantal ure wat elke individu hierdie naweek opgeoffer het. Dankie aan almal wat ’n bydrae tot ’n skoon en netjiese Stilfontein gelewer het,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die tak bedank ook graag vir J.J. Jacobs van TLC Fire, Stephan Marais en die inwoners van Reitzstraat wat almal ’n bydrae tot hierdie suksesvolle projek gemaak het.
SMS “Stilfontein” na 45351 (R1) om by die Stilfontein-tak se skoonmaakinisiatiewe betrokke te raak.

Soortgelyke plasings