AfriForum se Stilfontein-buurtwag ontvang nuwe veiligheidstoerusting

 

Die AfriForum-buurtwag in Stilfontein het onlangs nuwe veiligheidstoerusting in ontvangs geneem weens ’n toename in lede by dié buurtwag. Die toerusting sluit flitse, voertuigmagnete en huisbordjies in.

“Die AfriForum-buurtwag in Stilfontein is besig om vinnig uit te brei en daarom is dit belangrik om genoeg veiligheidstoerusting te besit. Danksy die bydrae van elke AfriForum-lid in Stilfontein kan hierdie toerusting aangekoop word en kan die sigbaarheid van die buurtwag bevorder word,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die sentraalstreek.
“Inbrake by huise in Stilfontein toon ’n daling van 44,9% en dit is grootliks danksy die gemeenskap se betrokkenheid by die buurtwag en daarom nooi ons alle inwoners om betrokke te raak sodat ons misdaad selfs verder kan bekamp,” sluit Nel af.

Soortgelyke plasings