|

AfriForum se Standerton-tak spring in om vullis te verwyder

AfriForum se Standerton-tak het op 4 Julie 2020 ’n vullisverwyderingsprojek van stapel gestuur nadat munisipale werkers nie vullis verwyder het nie. Die tak het sewe vragte vullis (8 ton per vrag) na die vullisterrein weggery.

“Dit is indrukwekkend om te sien hoe die Standerton-gemeenskap saamstaan om ’n daadwerklike verskil in hul gemeenskap te maak. Ons wil ook die taklede, P. Boer Edms. vir die gebruik van hul trok, asook die werkers bedank vir hul hulp om die dorp weer netjies en skoon te maak,” sê Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum Standerton-buurtwag.

“Belastingbetalers het die reg tot basiese dienslewering. Indien die munisipaliteit versuim om hul grondwetlike pligte na te kom, sal AfriForum met selfdoenaksies ingryp,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Raak vandag nog by AfriForum se Standerton-tak betrokke en word deel van die verskil: SMS Standerton na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings