|

AfriForum se Standerton-buurtwag help om verdagtes vas te trek

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 22 Augustus 2019 tydens ’n plaaspatrollie ’n verdagte groen Isuzu bakkie opgemerk wat vermoedelik gesteelde kanne diesel vervoer het. Die buurtwag en NYSTIQ het vinnig gereageer en die voertuig agterna gesit. Die Standerton SAPD en Kasselman Sekuriteitsdienste is ontbied en ’n verdagte is gearresteer. Die verdagte het skuld erken en is beboet.

Die buurtwag het ook ’n oproep ontvang oor veediefstal wat by ’n nabygeleë boer se plaas plaasvind. Weereens het die buurtwaglede, in samewerking met plaaslike boere, betyds gereageer en kon hul die verdagtes aankeer. Tien beeste is aan die boer terugbesorg.

“AfriForum se Standerton-buurtwag is beïndruk met die gemeenskap en plaaslike sekuriteitsmaatskappye, wat weereens bewys het dat hulle kan saamstaan en sodoende suksesvolle uitkomste kan deel. Sonder gemeenskapsbetrokkenheid sou dít nie moontlik gewees het nie,” sê Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag.

Soortgelyke plasings